Healthier Choices For a Healthier You

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Aliquet volutpat tellus urna, id id sit eu. Accumsan, in ligula eu, iaculis gravida porttitor sodales ipsum. Viverra

elementum pharetra condimentum.

Welkom by Loskop

Kankerversorgingseenheid.

Ons help jou vorentoe.

Hoop is lewe. En niemand hoef die pad alleen te stap nie. Sedert 1993 staan die Loskop Kankerversorgingseenheid aan die sy van mense wat deur kanker geraak word. Ons is ’n gemeenskapsgerigte organisasie wat ondersteuning bied aan kankerpasiënte in Groblersdal, Marble Hall en die omliggende gebiede.

LOSKOP KANKERVERSORGINGSEENHEID – SEDERT 1993

Het jy geweet dat Groblersdal en al vir meer as 30 jaar hul eie, onafhanklike kankerversorgingseenheid het?

En agter hierdie organisasie skuil ’n besondere verhaal van omgee, opoffering, vriendskap en mense wat eenvoudig besluit het om ’n verskil te maak.

Die verhaal begin in 1993, toe Tannie Elthea Appelgrein en ander toegewyde gemeenskapslede gehelp het om die Loskop Kankerversorgingseenheid op die been te bring.

Onder die vroeë betrokkenes was onder andere Ina Scheepers, Stienie van der Venter en Allette O’Connell. Die aanvanklike komitee het uit ongeveer 15 mense bestaan.

Hulle doel was eenvoudig: Om kankerpasiënte en hul families in Groblersdal én Marble Hall by te staan wanneer hulle dit die nodigste het.

MAAR WAT DOEN HIERDIE MENSE EINTLIK?

Wanneer kanker by ’n huis instap, verander alles.

Skielik is daar doktersafsprake, behandelings, vervoerprobleme, mediese rekeninge en soms toerusting wat families eenvoudig nie het nie.

En dis waar die Loskop Kankerversorgingseenheid deur die jare ingespring het.

Volgens hul eie geskiedenis het die organisasie onder andere gehelp met:

Hospitaalbeddens en spesiale matrasse vir bedlêende pasiënte.

Rolstoele, krukke en ander versorgingstoerusting.

Emosionele en praktiese ondersteuning aan pasiënte en hul families.

Brandstofgeld en vervoer vir mediese besoeke.

Finansiële bystand met sekere mediese uitgawes.

Hierdie hulp gaan nie net oor geld nie. Dit gaan oor mense se waardigheid wanneer hulle deur van die moeilikste dae van hul lewens gaan.

Hulle het tans 22 daaglikse patiënte, 130 in remissie & die doods lys trek al oor 70 patiënte.

Dit is ’n onafhanklike, plaaslike organisasie wat die gemeenskappe van Groblersdal en Marble Hall bedien.

Die werk van hierdie eenheid word moontlik gemaak deur plaaslike fondsinsamelings, skenkings, vrywilligers en mense wat hul gemeenskap se nood raaksien.

HOE KAN JY HELP?

Elke donasie, elke fondsinsamelingsprojek en elke gebaar van omgee help ons om ’n verskil te maak.

Of jy nou wil skenk, betrokke wil raak of bloot ons boodskap wil versprei – jy is deel van die hoop wat ons aan ander kan gee.

Foto Van links na regs:

Liz Meiring, Uys Meiring, Attie Appelgrein, wyle Sheena Cole, Stienie van der Venter, André van Rod and Reel in Witbank, Elthea Appelgrein en Oom Piet Wolf.

Kontak ons vandag nog!

Groblersdal & Marble Hall

+27 13 262 2723

'n Bietjie meer gemak.

'n Hele lot meer omgee.

Social Media Links